Joodse feeste

Ouderdom: Voorskools – Graad 6
Tema: Joodse Feeste: Purim
Teksvers: Ester

Tyd van aanbieding:
Een van twee opsies moet gekies word:
1. Die lesse word so na as moontlik aan die Joodse feeste behandel. Die voordeel
hiervan is dat die kinders weet: ons les gaan oor die fees wat my Joodse maats nou vier.
Die regte datums vir feeste kan voor in die meeste dagboeke gekry word.
2. Die lesse moet op „n ander tyd gevier word, maar moet dan as „n eenheid, een na die
ander, behandel word. Die nadeel is dat ten minste drie feeste uit hulle tyd behandel
word, maar die voordeel is dat so „n gekonsentreerde en intensiewe blootstelling aan die
lesse uit die Joodse/Ou-Testamentiese feeste waarskynlik die gevolg gaan hê dat die
kinders die lesse beter sal onthou.

3. As dit enigsins kan, moet „n opsie – dat die lesse los van mekaar en ook nie op hul
regte datums nie - nie gevolg word nie.

LES 1: PURIM

Doel: Om deur middel van die verhaal van Ester, die kinders te leer dat God sy kerk
bewaar.
Tyd: Die les kan enige tyd van die jaar aangebied word, maar die beste tyd sou wees
wanneer die Jode die Purimfees vier. Dit val gewoonlik in Maart, maar die datum kan
wissel. Kry die datum in „n dagboek.
Skrifgedeelte: Ester 6 en 7
Hulpmiddels: Enigiets wat geraas kan maak, soos mieliepitte of albasters in „n leë
konfytblik. Elke kind behoort so iets te hê – dalk kan hulle die vorige week en Sondag in
die kerk aangemoedig word om hulle geraasmakers te onthou. Die voorbereiding en
verwagting skep ook die regte klimaat vir die les.
Aanknopingspunt: Die Joodse fees Purim (uitgespreek: Poeriem). Die les word begin
deur te verwys na Joodse kinders wat binnekort die Purimfees vier. Dalk ken van die
kinders Joodse maats, of dalk was iemand in „n Joodse kleuterskool waar Purim dikwels
gevier word deur ‟n koningin Ester-opvoering.

Waarom vier die Joodse maats die Purimfees? Om daarmee te onthou hoe die Here die
volk Israel gered het toe Hy koningin Ester en haar oom Mordegai gebruik het.
Inhoud van die les: Die verhaal van koningin Ester. Die klem val daarop dat die Here
enigiemand kan gebruik om sy werk op aarde te doen. Hy werk nie net deur predikante,
ouderlinge of diakens nie. Ester was „n gewone Joodse meisie – maar die Here het haar
in „n posisie geplaas waar Hy haar kon gebruik om sy volk Israel te red. Die Here wou
haar gebruik, maar sy kon natuurlik nee sê. Sy het ja gesê, en so het die Here haar op „n
wonderlike manier gebruik. Die Here wil elkeen van ons ook gebruik. Ons kan ja of nee
vir Hom sê. Kom ons sê: Ja!
Die storie van Ester: Die storie van Ester word dan vertel: Hoe Ahasveros „n koningin
gesoek het en hoe hy „n mej. Persië gesoek het. (Vir u agtergrond lees in Ester 1:1 hoe „n
groot ryk Persië was, en van die soektog in Ester 2. Los die Vasti-storie in Ester 1 vir „n
aparte les, anders word die storie te ingewikkeld.) Vertel verder hoe Ester as koningin
gekroon is (Ester 2:17), maar dat sy nooit op haar eie die koning kon nader nie. Sy moes
wag totdat sy geroep word.
Vertel dan hoe Ester se oom Mordegai die koning laat weet het van bose planne wat
mense teen hom gemaak het, dat die koning dankbaar was, maar nadat dit in die
geskiedenisboeke opgeskryf is, weer daarvan vergeet het. Vertel nou van Haman, die
slegte ou in die storie – hoe hy saamgespan het om Ester se mense, die Jode, dood te
maak en homself te eer. Haman praat die koning om om „n wet te maak dat die Jode
uitgemoor moet word.
Nou is ons weer terug by Mordegai, Ester se oom. Hy hoor van die nuwe wet. Hy besef
die enigste mens wat hulle kan help, is Ester. Hy stuur „n boodskap na haar – sy moet
met die koning gaan praat. Haar probleem was dat as sy op haar eie na die koning
gegaan het, sy doodgemaak kon word. Maar Mordegai hou aan: Ester moet help. (Lees
gerus Ester 4:12-16 woordeliks uit die Bybel. Dit is baie dramaties en lewendig gestel:
“As ek moet omkom, moet ek maar omkom.”)
Wat maak Ester toe? Sy waag haar lewe, gaan na die koning en reël „n ete waarnatoe
Haman uitgenooi word. (Ester 5 vir u agtergrond.)
Volgende episode: Die koning kan nie slaap nie. Hy vra dat die geskiedenisboeke aan
hom voorgelees word. So hoor hy van Mordegai en besluit om hom te vereer. Hy beveel
Haman om reëlings te tref om Mordegai te vereer. Haman doen dit, want hy dink die
koning wil hom (Haman) eer (Ester 6).
Die voorlaaste episode speel af in die paleis: die koning, koningin Ester en Haman eet
saam. Gedurende die ete vertel Ester vir die koning van Haman se bose plan om die Jode
te laat uitmoor. Die koning straf Haman deur hom te laat ophang aan dieselfde galg wat
hy vir Mordegai opgerig het (Ester7). Die laaste episode: Koning Ahasveros laat „n wet
uitvaardig dat die Jode hulle self mag verdedig.
Aktiwiteit: Die Ester-verhaal is nogal lank en effens ingewikkeld. Gelukkig is daar „n
lewendige aktiwiteit wat die kinders se aandag behoort te hou. Wanneer die Joodse
kinders die Purimfees vier, word die verhaal van Ester gelees. Wanneer die naam van die
booswig in die storie, Haman, genoem word, maak almal so „n groot lawaai as moontlik –
om so Haman se naam uit te doof. Die bose man, sy naam behoort nie eens gehoor te
word nie! Dit is hier waar die leë blikke inkom!
1. Verduidelik dus aan die kinders wat die Joodse kinders doen.
2. Doen „n proeflopie: lees „n stuk waarin Haman se naam voorkom en kyk of hulle
reageer.
3. Vertel nou die storie, en lees „n gedeelte (miskien uit hoofstuk 6) direk uit die Bybel.
Laat almal „n geraas, so groot as moontlik, maak elke keer as u sê “Haman” en juig as u
sê “Mordegai”.
4. Sluit af deur die les te beklemtoon: a) God het sy volk Israel bewaar, en so sal Hy
vandag nog steeds sy kinders bewaar. b) Die Here wil ons (soos vir Ester) gebruik. Ester
het ja gesê, al was dit vir haar lewensgevaarlik. c) Wat is ons antwoord aan die Here?
Sing: „n Gepaste lied.

Afsluiting: Gebed deur een van die groter kinders (wat vooraf gevra is).


Source: http://www.communitas.co.za/Dokumente/KIX_pdfs/Kerkjaar/joodse_fees_purim.pdf

Soma v.xls

BETTER HOME PRODUCTS SOMA V COLLECTION SPECIFICATIONS ITEM# 20110B - Passage Set Grade III tubular passage set. All metal components Door Prep - Crossbore 2 1/8", Edge Bore 1", Latch Face 1"x2 1/4" Door Thickness - 1 3/8" to 1 3/4" Function : Both levers always free Strike - Full lip radius corner

Form 721 145400.pdf

RADIOLOGY CONTRAST EVALUATION Procedure: ______________________________________________Creatinine: _______________________________________________ Do you have any history of Allergies (medication or foods) or Asthma? Comments: __________________________________________________________________________________________________________________________________ Do you have any history of Heart

© 2010-2018 PDF pharmacy articles